Tuesday, February 22, 2011

Design - Eksteen

Design...
jw3
Ek hou nie baie van die Brooch nie, oor die algemeen hou ek nie baie van diertjies wat op juweliersware is ie...ek hou nie baie van die verskillende kleure saam nie en ek hou ook nie van die shape van die brooch nie.
As ek so iets moes gemaak het, dan sou ek dit effens kleiner gemaak het, asook meer neutrale kleure gebruik het, bv aardes kleure, om dit meer na n "dragon fly" te laat lyk - meer realisties.
Die design is ook vir my baie besig!


Nie net hou ek baie van die juwele nie, maar ek hou ook van die hele samestelling van die foto. Die swart en wit, met die helder kleur van die blom!! Ek hou baie van die manier waarop die juwele gemaak is, asook van die feit dat hul almal bymekaar pas - dit vorm n eenheid. Jy kan dit ook apart dra, sonder dat dit "boring" of eenvoudig gaan lyk. Dit maak n "statement" op sy eie!!
Ek hou baie van die draad effek, die blokkies - abstrak gevoel. Op n maier is dit baie eenvoudig, dog elegant!!

Ek hou baie van die prentjie! ek hou van die effek, en dat daar diepte in die prentjie is, asook van die samestelling van al die kleure! Die "shape" wat hul gebruik het, is ook baie interessant.


Die skoene laat dink my aan n vis - die blaas oppie! dit lyk glad nie baie gemaklik nie, en ook nie iets wat ek sal dra nie. As ek dit moet dra, dan sal dit net een keer wees, en dit sal sekerlik na n dress- up toe wees! Ek het nie regtig veel om te se oor die skoene nie, behalwe net dat ek glad nie daarvan hou nie, en ook nie vir myself sal koop nie!

Monday, February 7, 2011

Ek dink n goeie design is iets wat jou oog vang, aandag trek, jou intereseer asook iets waarna jy heeldag kan kyk, sonder dat die item/ produk jou verveel.

Wat n design ook goed maak, is die "thought process" - m.a.w hoe jy tot die ontwerp van die design gekom het asook wat jou geinspireer het, om die sekere produk te ontwerp